Rote Armee Fraktion

Die RAF-kenteken: 'n rooi ster en 'n Duits-vervaardigde submasjiengeweer (Heckler & Koch MP5)

Die Rote Armee Fraktion ("Rooi Leër Faksie", kort RAF), aanvanklik deur sommige media ook "Baader-Meinhof-bende" of "Baader-Meinhof-groep" genoem, was 'n linkse terreurgroep wat tussen 1970 en 1998 in Duitsland aktief was. Dit is deur Andreas Baader, Gudrun Ensslin, Horst Mahler, Ulrike Meinhof en ander lede gestig.

Die RAF het ditself as kommunistiese, anti-imperialistiese stedelike guerilla-organisasie volgens die Suid-Amerikaanse voorbeeld van die Tupamaros in Uruguay beskou. Die RAF was verantwoordelik vir 34 moorde, talle bankrooftogte en bomaanslae. In 1998 het hulle 'n persverklaring uitgereik waarin hulle hul selfontbinding aangekondig het. Tot daardie tydstip het ook 27 lede en simpatisante van die RAF hul lewens as gevolg van polisie-optrede, selfmoord, hongerstaking of siekte verloor.[1]

  1. Der Spiegel, nommer 38, 2006 (18 September 2006): „Das letzte Kapitel”

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search